Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie

In die hartjie van Centurion, op 1 Mei 1991 is Soenêtjie Kleuterskool gebore. Agt jaar later is die crèche gebou en op die been gebring. Vandag staan ons skool steeds trots met die wete dat ons na al die jare steeds een van die beste skole in Centurion is!

Jare se ondervinding en toegewyde onderwyseresse maak Soenêtjie Kleuterskool 'n spesiale skool waarin babas, peuters en kleuters elke dag versorg word. Ons roem op ons lekker "homey" atmosfeer en streef daarna om die kinders in ons sorg so tuis as moontlik te laat voel.

Soenêtjie Kleuterskool is ook nie net 'n dagtuiste vir kleuters van werkende ouers nie, maar ook 'n voorbereidingsentrum waar elke kind volkome voorberei word vir hul formele skoolloopbaan. Elke oudersomsgroep word goed gestimuleer en ons kurrikulum is gebaseer op die Gauteng Onderwysdepartement se leerplan.

Ons glo in die ontwikkeling van die jong kind in sy totaliteit en stimulasie fokus nie nét op een aspek van ontwikkeling nie. Soenêtjie kleuters verlaat ons skool as gebalanseerde leerders wat emosioneel, sosiaal, motories, affektief en kognitief gereed is vir die eise wat die wêreld ná die kleuterjare aan hulle stel. Ons kan met groot trots sê dat Soenêtjie kleuters uitsonderlik goed op skool vaar!

Soenêtjie personeel bestaan uit toegewyde, passievolle dames wat elk noukeurig gekies is as gevolg van hul unieke kwalifikasies, vaardighede en persoonlikhede. Ons personeel word gereeld op kursusse gestuur sodat hulle op hoogte van nuwe verwikkelinge in die onderwys bly, asook om nuwe inspirasie te vind om leeraksies meer interessant te beplan en aan te bied.

Ons fooie is betaalbaar oor 11 maande. Desembermaand betaal die ouers nie. Ons fooie sluit ook alles in, van kos tot toiletpapier. Kom kyk gerus na ons spyskaart en dagprogram. Ons is hiper veiligheidsbewus en het toegangbeheer deur elektroniese hekke en ons het ook elektriese heining reg rondom die skool.

Ons het 'n "oop deur" beleid en ouers word uitgenooi om enige tyd aan ons deur te kom klop om te kom kyk waarmee ons besig is deur die dag. Ons het ‘n kamerasisteem regdeur die skool en op die speelgrond wat gereeld deur die eienaar van die afgelope 31 jaar, Myra Steyn, gemonitor word. Ons nooi belangstellende ouers uit om enige tyd van die dag by ons 'n draai te kom maak om na ons pragtige skool te kom kyk. Kom ontmoet gerus die onderwyseres wat verantwoordelik gaan wees vir jou kind en u is welkom om met haar te gesels oor u verwagtinge van die skool. Ons hoop om julle binnekort te ontmoet!

Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie ZwartkopSoenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie ZwartkopSoenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie ZwartkopSoenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie Zwartkop
Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies