Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie
Hierdie ouderdomsgroep is ‘n opwinderde groep, want só baie gebeur in ‘n baie kort tydjie! Hierdie outjies is nou nie meer babas nie, maar volwaardige peuters.

Die peutertjies ontwikkel steeds teen ‘n hoë tempo en hulle breintjies is letterlik soos sponse! Alles wat hulle deurgaan het ‘n invloed op hul leervermoë en ons peuter-stimulasieprogram is van só ‘n aard dat elke leeroomblik tenvolle benut kan word.

Gedurende hul tydjie in die Llamaklas(2) leer baie outjies loop en ‘n hele nuwe wêreld van leergeleenthede gaan vir hulle oop. Ons program is gemik om vorige bereikte mylpale te help afrond, asook om die peuter nou speels met sy verdere motoriese en sensoriese ontwikkeling te help. Aktiwiteite maak ruim gebruik van beweging en sensoriese ontdekking, sodat elke peuter die geleentheid het om uit hul eie ervarings te leer.

Taalontwikkeling vorm ‘n belangrike afdeling van ons program en ons peutertjies se leerprogram sluit by die kleuterafdeling se temas aan. Op hierdie wyse word die peutertjie se woordeskat vergroot en word daar seker gemaak dat hulle aan aktiwiteite wat ryk aan taalgeleenthede is blootgestel word.

Musiek en opvoedkundige speelgoed vorm ook deel van die Llamaklas(2) se program en aangesien ons program gebalanseerd is verseker ons dat elke peuter in sy totaliteit ontwikkel word.

Anna-Maria Bronkhorst is in beheer van ons crèche afdeling. Sy is reeds die afgelope 12 jaar betrokke by ons Kleuterskool en het self 2 kinders van haar eie. Sy het verskeie werkswinkels van die VVOS bygewoon.

Annie van Niekerk, Sonja van der Merwe en Tové Barnes is die assistente in die crèche.

Cecelia is die skoonmaker in die crèche.



Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies