Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie
Die Olifantklas is 'n dubbelmedium Gr. 00-klas. Dit is ‘n jaar waarin die kleuters voorberei word vir die wêreld van “Groot Skool”, omdat die kleuters hiervandaan Laerskool toe skuif om hul Gr R-jaar daar te voltooi.

Daar word gefokus op die verfyning en inskerping van vaardighede wat nodig is vir skoolgereedheid. Dit is gedurende hierdie jaar wat die kleuter bekendgestel word aan persepsiewerk op papier. Stelselmatig word daar meer en meer vanaf konkrete ervarings beweeg na meer abstrakte konsepte sonder om die kleuter te bedreig.

Ons glo nie daarin om kleuters te leer lees en skryf nie! Dit is werk wat ‘n Gr 1-onderwyseres meer as bekwaam is om te doen tydens die jaar waarin dit VERONDERSTEL is om plaas te vind. Ons fokus eerder op die lê van ‘n stewige grondslag waarop lees– en skryfvaardighede (saam met ’n string ander vaardighede) gebou word. Mens bou immers nie ‘n huis sonder om seker te maak dat sy fondasie stewig is nie!

Dit is ons beleid om die kleuter in sy totaliteit te help ontwikkel en geen aktiwiteit geniet voorkeur bo ‘n ander nie. Dit is vir ons belangrik dat elke Olifant-maatjie ons skool verlaat as ‘n gebalanseerde kleuter, gereed om al die eise van die wêreld ná die kleinkindjare vierkantig in die oë te kyk.

Hettie Becker is die Olifantklas se onderwyseres en ook ons skoolhoof. Sy het 'n passie vir taal en daarom lê kinders se taalontwikkeling haar na aan die hart! Hettie het 'n Senior Primêre Onderwys Diploma en het verskeie werkswinkels en kursusse voltooi. Sy is vanaf 1999 by Soenêtjie betrokke.

Anlyrizé Venter is haar assistent.

Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies