Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie
Sodra ons peutertjies mooi selfstandig die toilet kan gebruik skuif hulle oor na die Bokkieklas.

Gedurende hul tydjie in die Bokkieklas word daar reeds aan die eerste stappe tot die aanleer van skoolgerigte vaardighede soos byvoorbeeld, om in rye te staan, mooi aan tafel te sit en werk en vele meer, gewerk! Moet nie vir een oomblik dink dat hulle soos soldate behandel word nie! O, nee alles gebeur steeds soos dit MOET; DEUR MIDDEL VAN SPEL!

Dit is ook gedurende die kleuters se derde (tot vierde) jaar wat hul breintjies ‘n laaste groot ontewikkelingsspong neem. Die Bokkieklas se opvoedkundige program is só ontwerp dat dit die kleuters optimaal stimuleer en van die geleentheid gebruikmaak om hul breintjies “mooi skerp te kry vir Groot Skool”.

Die Bokkieklas se aktiwiteite is steeds goed gebalanseerd en fokus nie nét op kognitiewe ontwikkeling nie, maar steed op die totale ontwikkeling van die kind.

Luzinda Ontong begin as assistent in 2019 by ons Kleuterskool werk, maar wys gou waartoe sy alles in staat is en word vanaf Januarie 2021 aangestel as onderwyseres. Sy is ook ons middaghoof. Sy is energiek, liefdevol, passievol en kreatief. Sy het verskeie VVOS kursusse voltooi.

Stephina en Bongi is die assistente in die Bokkieklas.



Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies