Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie

Die Beertjieklas is die klas waar ál die kindertjies die klas binnestap as volwaardige kleuters! Daar is ‘n klein “venster tydperk” waar die kleuter se breintjie nog in die afronding van sy laaste GROOT ontwikkelingssprong verkeer en die Beertjieklas program is só ontwerp dat dit gebruik maak van daardie klein tydjie!

Sensoriese intergrasie (die proses waar die brein sensasie vanaf die sintuie en omgewing op so ‘n wyse organiseer dat die persoon optimaal in die omgewing kan funksioneer), middellynkruising en bilaterale integrasie( dit beteken die vermoë om beide kante van die liggaam in ‘n gekoördineerde wyse te gebruik), beplanning, kreatiwiteit en kreatiewe denkwyses is maar ‘n paar voorbeelde van wat die Beertjieklas se program beoog om te stimuleer.

Ons handwerk fokus op die PROSES van skep, eerder as op die eindproduk. Vir die kinders gaan skep oor die genot wat hul (sensories) daaruit put, maar daar word so baie ander ontwikkelingsaspekte gestimuleer gedurende hierdie aktiwiteit, sommer so sonder dat die kind eers agterkom hoe hard hy/sy gewerk het!

Behalwe dat ons baie sing, word daar ook na musiek geluister, musiek deur dramarisering uitgebeeld en met instrumente gespeel! Ons oefen ons groot spiere deur bewegingsaktiwiteite wat nie net baie pret is nie, maar ook met ‘n spesifieke doel voor oë uitgewerk is. Op hierdie wyse verseker ons dat die kleuter op ‘n gebalanseerde wyse gestimuleer word en dat geen aspek van ontwikkeling oorgesien word nie!

Jolandie van den Heever is die Beertjieklas te onderwyseres vanaf 2021. Sy het ‘n besondere passie en liefde vir kinders en het self ook 2 dogtertjies. Sy is tans besig met haar finale jaar studies vir haar B.Ed graad.

Sara is die assistent.

Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies