Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie
Soenêtjie maatjies se avontuur by ons skool begin dikwels by ons babaklas - die Llamaklas(1). Die eerste jaar van ‘n kind se lewe word gekenmerk deur hul eerste mylpale wat hulle moet bereik. Ons besef hoe balangrik dit is dat die baba nie nét hierdie mylpale bereik nie, maar ook om dit te bemeester!

Die Llamaklas(1) se stimulasie program is spesiaal, met behulp van arbeidsterapeute en bekwame personeel, só ontwerp dat dit die baba op ‘n speelse wyse help om sy mylpale lag-lag te bereik én te vervolmaak! Daar word op alle aspekte van ontwikkeling gefokus en hulle program is goed gebalanseerd.

Neurologiese ontwikkeling geskied gedurende hierdie tydperk teen ‘n sterk tempo en ons program benut elke hulpbron tot ons beskikking om die baba op haar ontwikkelingspad te vergesel.

‘n Omgewing wat ryk aan leergeleenthede is, is die sleutel tot ontwikkeling en spontane leer. Ons besef dat die tipe leer wat gedurende die vroeë kinderjare plaasvind die grondslag bou vir alle leer wat later plaas gaan vind. Daarom word ons babas in ‘n stimulerende en liefdevolle omgewing versorg en word hulle op hierdie wyse reeds van jongs af skoolgereed gemaak.

Anna-Maria Bronkhorst is in beheer van ons crèche afdeling. Sy is reeds die afgelope 12 jaar betrokke by ons Kleuterskool en het self 2 kinders van haar eie. Sy het verskeie werkswinkels van die VVOS bygewoon.

Annie van Niekerk, Sonja van der Merwe en Tové Barnes is die assistente in die crèche.

Cecelia is die skoonmaker in die crèche.

Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies