Soenêtjie Kleuterskool Creche Centurion Zwartkop Soenetjie
Sodra ons peutertjies min of meer 20 maande oud is skuif hulle oor na die Hasieklas, ook bekend as die “potty training” klas. Hulle bly in hierdie klas totdat hul “potty training” afgehandel is en hulle selfstandig die toilet kan besoek.

“Potty training” is vir elke kind ’n sensitiewe lewensstadium en ons begin nie voor die ouderdom van twee jaar oud daarmee nie. Ons deel ons maatjies wat gereed is om met “potty training” te begin in klein groepies in en begin met een groep op ‘n slag. Sodoende kry elke maatjie genoeg hulp tydens die kritieke eerste paar weke!

Hierdie outjies is besig en ons program akkommodeer hul energievlakke tenvolle! Daar word moeite gedoen om hulle op interessante en innoverende wyses te stimuleer. Hul program is steeds informeel en op spel gebaseer, maar hulle word so goed gestimuleer dat hulle teen etenstyd aan tafel aan die slaap raak!

Nadat die kinders met die Hasieklas klaar is, is hulle baie meer selfstandig, selfversekerd en reg vir die volgende avontuur in die Pre-Operasionele afdeling, oftewel ons Kleuterafdeling!

Cheroldean Matthee is ‘n jong, energieke onderwyseres. Sy het as assistent by Soenêtjie begin werk en dit het gou duidelik geword dat hierdie jong meisie ‘n passie vir opvoeding het. Vandag is sy een van ons kreatiefste onderwyseresse wat daarna streef om nuwe en interessante maniere te vind om die kinders in haar sorg te stimuleer. Sy het verskeie werkswinkels van die VVOS voltooi.

Elzané Broodryk is die assistent in die Hasieklas.

Tuis | 4 tot 12 maande | 12 tot 20 maande | 20 maande tot 2 jaar | 2 tot 3 jaar | 3 tot 4 jaar | 4 tot 5 jaar
personeel | spyskaart | fotos | ons gee om | spesiale dae | kontak ons


© All rights reserved. Soenêtjie Kleuterskool & Creche. 2014. | Website created by Conqueror Technologies